Krieket uit boonste rakke

Atlantis-krieketklub het Saterdag 3 November sy rieme in die provin­siale T20-reeks van Afdeling C styfge­loop in die halfeindstryd teen Glamorgan toe die tuisspan maklik met agt paaltjies gewen het.


Atlantis-krieketklub het Saterdag 3 November sy rieme in die provin­siale T20-reeks van Afdeling C styfge­loop in die halfeindstryd teen Glamorgan toe die tuisspan maklik met agt paaltjies gewen het.

Die Baggy Blues van Atlantis het die loot gewen en besluit om eerste in winderige toestande te kolf.

Die Baggys het gelyk of hulle ’n groot teiken gaan stel. Kurt Julius (27) en sy aanvangsvennoot, Justin Rooibaadjie, het die telbord aan die rol gehou met Julius wat meeste van die balle trotseer het. Die span het egter met Rooibaadjie se vertrek op 22/1 die klits kwytgeraak en Rodger August het ’n vinnige 19 lopies en Jevon Cloete se 24 lopies, aangeteken. Lukas Damonse (25) het probeer red wat daar te redde was, maar met 124/7 ná 20 boulbeurte was die teiken nie te groot vir ’n uitdaging vir die tuisspan nie. Glamorgan het die teiken maklik bereik met nog drie boulbeurte oor en agt paaltjies in die bank.

Atlantis het die reeks goed begin en ’n wegoorwinning oor Yorkshire, van Wetton, met drie paaltjies het die span op koers geplaas. Die Baggy Blues het egter in sy tweede wedstryd teen Elsies, ook ’n wegwedstryd, met sewe paaltjies vasgeval. Die span kon slegs 92/5 in sy toegelate 20 boulbeurte aanteken. Die Atlantis-span het daarna sy plek in die halfeindstryd bespreek met ’n goeie oorwinning van 47 lopies teen Bellville-Suid in Atlantis. Atlantis het egter ’n goeie begin in die eendagreeks gemaak toe die span Saterdag 3 November Macassar in sy eie agterplaas met een paaltjie geklop het. Atlantis, wat die tuisspan eerste ingestuur het om te kolf, se boulers het nie teleurgestel nie en die tuisspan was almal terug in die kleedkamers vir ’n skamele 102 lopies. Die uitblinkers met die bal was Reldo Relly Meintjies 8-1-26-2, Charlton Adonis 10-3-17-3, Thorne Vigeland 3-1-9-1 en Mason Goliath 9.4-1-25-2. Die Baggy Blue-kolwers het byna die boulers se werk ongedaan gemaak toe hulle moes skraap vir lopies om met een paaltjie te wen. Atlantis het in sy eendagweg­wedstryd teen Vishoek met ses paaltjies vasgeval. Atlantis moes eerste kolf en was almal uit vir 138 lopies. Die Baggies het in ’n stadium 77/2 voorgeloop, maar die middelorde kon nie juis hond haaraf maak nie. Die tuisspan het die telling in die 33ste boulbeurt behaal met nog ses paaltjies staande. Atlantis vat Elsiesrivier (wegwedstryd) Saterdag 17 November aan.

You need to be Logged In to leave a comment.