Krieketspeler beïndruk keurders

Die 16-jarige Imtiyaaz van Rheede is besig om krieketvelde aan die brand te speel.


Die 16-jarige Imtiyaaz van Rheede is besig om krieketvelde aan die brand te speel.

Van Rheede het die jaar sy skoolloop­baan by die gesogte Nuweland-krieket­skool gaan voortsit waar hy in gr.11 is.

Hy het met die intrapslag naam by dié skool as bouler gemaak toe hy met die eerste toerwedstryd na Oudtshoorn presteer het (2-0-12-2).

Volgens Rodger August, kaptein van die Atlantis-krieketklub, het Imtiyaaz tonne talent en dis iets wat hy en Kurt Julius onmiddellik raakgesien het. Hy sê voorts die kranige krieketspeler was deel van die Baggy Blues se struktuur, “maar hulle kon nie baie vir hom doen nie”. Volgens August het hy en Julius by WP-krieketakademie aangeklop “en die res is geskiedenis”.

Die 16-jarige Imtiyaaz het die afgelope naweek aan die WP se o.17-proewe deelgeneem waar hy die keurders beïndruk het.

You need to be Logged In to leave a comment.