November is internasionale Diabetes-maand en die wêreldwye fokus is om mense bewus te maak van tipe 1 en tipe 2 diabetes. Meer as twee miljoen Suid-Afrikaners ly aan diabetes en ’n beraamde verdere vyf miljoen is pre-diabeties. Diabetes is ’n leidende oorsaak van kardiovaskulêre siekte, blindheid, nierversaking en laer-ledemaat amputasies. Tot 70% van tipe 2 diabetes kan voorkom word deur ’n gesonder dieet en aktiewer leefstyl.
.Tipe 1 diabetes: ’n outo-immuunsiekte wat die insulienproduserende beta-selle in die pankreas vernietig. Dit verhoed die liggaam om die insulien te vervaardig wat bloedglukosevlakke reguleer. Daar word ook daarna verwys as insulien-afhanklike diabetes. Tipe 2 diabetes: ’n toestand wat ontwikkel wanneer die liggaam nie meer doeltreffend genoeg reageer op sy eie insulien om te verhoed dat bloedsuikervlakke te hoog styg nie.
Simptome sluit in: oormatige dors, oormatige urinering, onverklaarde gewigsverlies, moegheid en belemmerde visie. Vickie de Beer se lewe het sewe jaar gelede drasties verander toe haar seun, Lucca, in ’n intensiewe sorg-eenheid opgeneem is en hy met tipe 1 diabetes gediagnoseer is. Sy en dieetkundige Kath Megaw het toe The Low Carb Solution for Diabetics aangedurf. Die maaltye in die boek verg nie ingewikkelde inkopielysies of moeilike voorbereiding nie. Vickie het sopas ook haar nuwe kookboek, My Low Carb Kitchen/My Low Carb-Kombuis, vrygestel, en dis geen verrassing dat dit die tweede en vierde plek respektiewelik in ons top-10 Suid-Afrikaanse kookboeke verower het nie. Dit is ’n stap-vir-stap gids tot ’n lae-koolhidraat leefstyl.
.Drie gelukkige lesers staan elk ’n kans om een van die boeke te wen. SMS die woord “gesond” na 35406 (SMSe kos R1.50).