Kareshma Valloo, gr. 4-leerder by Saxonsea Primêr, is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play- wenner vir Junie.
Die kranige netbalspeler en baldanser het vroeër die Suid- Afrikaanse span by die wêreldkampioenskap in Denemarke verteenwoordig waar sy goud in die Latyns-Amerikaanse en Baldans behaal het.
Volgens Gary Markus, waarnemende skoolhoof, is Kareshma en haar dansmaat in die Golden Ring-kompetisie as die beste danspaar aangewys.