Kareshma Valloo, Weskus Nuus en Super Sport Let’s Play se wenner vir Junie. Foto: Murphy Roberts


Kareshma Valloo, gr. 4-leerder by Saxonsea Primêr, is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play- wenner vir Junie.

Die kranige netbalspeler en baldanser het vroeër die Suid- Afrikaanse span by die wêreldkampioenskap in Denemarke verteenwoordig waar sy goud in die Latyns-Amerikaanse en Baldans behaal het.

Volgens Gary Markus, waarnemende skoolhoof, is Kareshma en haar dansmaat in die Golden Ring-kompetisie as die beste danspaar aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article