Meloni Faro Game Changers se gemeenskaps-ontwikkelingsbeampte en Leon Southgate van Quetzal het leerders van Hermes onlangs met Paaseiers bederf. Game Changers is ’n inisiatief deur die provinsiale en plaaslike regering, wat hom beywer om ondersteuning en beskerming aan jong mense te bied.