Leerders maak hul harte oop

Kerria Primêre skool het Vrydag 17 Augustus bejaardes van die omgewing met sang en drama in die skoolsaal vermaak en kospakkies aan hulle oorhandig.


Kerria Primêre skool het Vrydag 17 Augustus bejaardes van die omgewing met sang en drama in die skoolsaal vermaak en kospakkies aan hulle oorhandig.

Volgens skoolhoof Russel Andrews is dié projek deel van Nelson Mandela se eeufeesvieringe en Vrouemaand.

Die skool se dramagroep het die bejaardes in vervoering gehad met die toneelstuk, Not yet free, wat verskillende boodskappe uit die apartheidsera vertel het en die dood van Hector Pieterson uitbeeld. Die kospakkies is deur leerders en die ouers ingesamel.

You need to be Logged In to leave a comment.