Leerders wil nie stokkies draai

“Mense wat Atlantis-vaardigheid­skool as ’n skool vir losers sien, sal dalk binnekort hul woorde moet sluk.”.


“Mense wat Atlantis-vaardigheid­skool as ’n skool vir losers sien, sal dalk binnekort hul woorde moet sluk.”

Só sê Cameron Manuel, ’n vierdejaarleerder, wat meen dat vaardigheidskole dalk die “skole van die toekoms gaan wees”. Volgens Manuel leef leerders hul uit in die vakke wat deur die skool aangebied word, soos spuitverfwerk en duikkloppery. “Waar gaan jy sulke vakke by ander skole kry,” wou hy opgewonde weet. “Niemand draai stokkies by dié skool nie, want dit is ’n plesier om in die klas te wees.”

Volgens die spuitverfwerk-onderwyser, Darren Titus, doen die leerders baie goed en verduidelik dat die vak soos ’n normale vak aangebied word met die periode wat ’n klein bietjie langer as normaal is. Volgens Titus kan leerders na hul vierde jaar gaan werk óf as ’n vakleerling begin. Atlantis-vaardigheidskool bied ook sweiswerk as ’n vak aan en vele ander waarin leerders hul kan bekwaam.

You need to be Logged In to leave a comment.