Liefde vir skaak groot in Atlantis-omgewing

“Die skaakskool wat gedurende die Julievakansie in die Wesfleur-biblioteek plaasgevind het, was ’n reusesukses.”.


“Die skaakskool wat gedurende die Julievakansie in die Wesfleur-biblioteek plaasgevind het, was ’n reusesukses.”

Só reken hoofafrigter Marilee van der Merwe.

Die eerste groep het die program daagliks bygewoon en is met ’n sertifikaat vereer.

Volgens Van der Merwe het Atlantis baie ywerige skaakspelers en hier skuil beslis ’n paar kampioene tussen hulle.

“Ons volgende stap is om ’n skole­kom­pe­tisie in September te reël,” vertel sy opgewonde.

Van der Merwe sê ook dat ’n klub­kompetisie ná die skolekompetisie sal volg, “want die liefde vir skaak is nogal groot in Atlantis”.

Tans maak die skaakspelers gebruik van die Wesfleur-biblioteek vir kompetisies, want daar word nog na ’n geskikte permanente perseel gesoek.

Van der Merwe noem ook hulle maak gebruik van Wesfleur-biblioteek se skaakborde, want hulle beoog om ook om aan elke skaakspeler hulle eie skaakbord te verskaf. Die hulp van die gemeenskap en belanghebbendes word hiervoor benodig.


. Die skaakskool is dringend op soek na borge en vra dat enigeen of onderneming wat graag wil help, Marilee van der Merwe by 073 519 1150 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.