Hamlets het Saterdag sy plek in die topses in die ligakampioenskapsreeks verseker met ’n goeie sege van 31-23 oor Kuilsrivier nadat hy rustyd nog 10-16 agter was.
Van dié twee spanne, wat in ’n hewige stryd vir die Westelike Provinsie se Superliga-B-titel gewikkel is, het Hamlets nog een wedstryd oor. Die span van Gavin Passens het reeds verlede week gewys niks gaan hom stuit om die titel te wen nie toe die span op sy tuisveld St. George’s 31-26 geklop het. Die oorwinning oor Kuilsrivier was ook die span se 12de oorwinning ná mekaar.
Die span sluit Saterdag sy ligaverpligtinge tuis teen Collegians af en kort twee punte om die Superliga-B-kampioen te word. Die wenner van die top-6 en naaswenner sal outomaties na die topliga-Super A opskuif.. Mamre het sy Boland- Grootuitdaagliga-verpligtinge op ’n lae noot afgesluit toe hy 19-32 teen St. Helenabaai in die Agterbaai vasgeval het. Young Hearts het sy seisoen op ’n hoë noot afgesluit en die besoekers uit Hopefield 55-32 geklop.