Lyfstraf kry siepsop en braaiboud

Die konstitusionele hof se uitspraak dat lyfstraf tuis ongrondwetlik is, kan ’n tameletjie raak aangesien die kind self ’n klag moet indien vir owerhede om bewus te wees van dié klagte.


Die konstitusionele hof se uitspraak dat lyfstraf tuis ongrondwetlik is, kan ’n tameletjie raak aangesien die kind self ’n klag moet indien vir owerhede om bewus te wees van dié klagte.

Die vraag is, sou daardie kind minderjarig of baie jonk wees, wie gaan hom of haar vergesel om die klagte in te dien. Dan kom ’n verdere uitdaging . . . Sou die kind teen die ma kla, gaan die pa die ma of die kind bystaan en andersom.

Dié uitspraak kan probleme in ’n eens gelukkige huishouding veroorsaak. Wat ook kommerwekkend is, is as die ma of pa die saak teenstaan en die kind moet in die hof verskyn – ongeag sy of haar ouderdom en met die oorvol hofrolle. Die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof het Woensdag 18 September beslis dat die redelike en of matige ouerlike tugtiging van kinders ongrondwetlik is. By dié eenparige uitspraak het die land se hoogste hof bevind dat daar doeltreffender maniere is om kinders te dissiplineer sonder die gebruik van lyfstraf. Ouers wat ’n kind klap kon voorheen in die hof aanvoer dat die tugtiging redelik en matig was en baie is daarvolgens vrygespreek.

Die uitspraak is met gemengde gevoelens begroet en Daniela Ellerbeck, ’n prokureur van Freedom of Religion SA, het gesê dat selfs ’n klap op die pols misdadigers van ouers kan maak. Dié groep het in 2018 op ’n hooggeregshof-uitspraak in 2017 geappelleer toe die hof bevind het dat alle vorme van tugtiging teen kinders onwettig is.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Woensdagoggend beslis dat ’n redelike en matige ouerlike tugtiging van kinders in ooreenstemming is met die grondwet en het die hooggeregshof-uitspraak van 2017 bekragtig wat dit vir ouers onwettig maak om hul kinders tuis te slaan en verlof tot appèl op dié uitspraak van die hand gewys .

You need to be Logged In to leave a comment.