Lyk van vermiste bejaarde week ná verdwyning gekry

Die lyk van Isaac Polman (67) is verlede week in Dassenbergrylaan gevind nadat dié bejaarde langer as ’n week vermis was.


Die lyk van Isaac Polman (67) is verlede week in Dassenbergrylaan gevind nadat dié bejaarde langer as ’n week vermis was.

Familielede op die toneel het aan Weskus Nuus gesê hulle weet nie hoe sy liggaam daar beland het nie en vermoed sy lyk is daar geplaas.

Gerugte dat Polman moontlik die slagoffer van ’n tref-en-trap-botsing was, doen die ronde, maar kon nie teen druktyd amptelik bevestig word nie.

Volgens kapt. Cyril Dicks, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, kan dit net in die lykskouing bepaal word wat die oorsaak van Polman se dood was. Die polisieondersoek duur voort.

You need to be Logged In to leave a comment.