Sy het dit self nie baie breed nie, maar Azizah Phillips van Uitbreiding 13 sit steeds ’n glimlag op baie kinders se gesig.
Phillips vertel dat haar liefde vir haar medemens haar noop om die laaste bietjie met ander te deel.
Phillips en haar kinders en vriende deel gereeld kos aan behoeftiges uit.
Die span het ook onlangs twee rystoele gegee aan mense wat dit broodnodig het.
Volgens Peter Jacobs, wat ’n rystoel ontvang het, is hy ewig dankbaar omdat hy voorheen gesukkel het om oor die weg te kom.
Volgens Nicolette Damon het sy die rystoele uit die Oos-Kaap gekry en besluit om dit aan behoeftiges te skenk.