Madiba se gees leef voort

Die Milnerton-polisie se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), onder leiding van Abdul Tajoodien, het Saterdag op die vooraand van Mandela­dag duvets aan kinders van die nege gebiede in die kluster oorhandig.

Volgens Tajoodien is dit ’n bitter koue winter en die minste wat hulle kon doen, is om seker te maak minderbe­voorregte kinders slaap warm.

Hy sê voorts die Chinese ambassade se harte klop warm en hulle deel ook in die passie van Madiba as dit by die kinders van Suid-Afrika kom.

Tajoodien het by die konsulaat-generaal van China in Kaapstad, Kang Yong, aangeklop vir komberse, maar Yong het sommer self op duvets besluit.

Die GPF het 500 duvets aan die nege polisiekantore uitgedeel.

Volgens Yong het Madida baie vir die wêreld gedoen en is hulle hulp maar ’n druppel in die emmer in vergelyking met wat Madiba gedoen het.

Hy het beklemtoon dat Madiba se gees in elke Suid-Afrikaner moet voortleef.

Die Chinese draakdansers het die kinders vermaak terwyl kapt. Cyril Dicks van Atlantis met sy goue stem die gaste vermaak het.

Nog foto’s op bl. 6.

You need to be Logged In to leave a comment.