Mamre verloor naelskraap

Die Groentruie van Mamre het Saterdag 10 Februarie in Abbotsdale in sy eerste voorbereidingswedstryd van die seisoen met 34 – 33 verloor nadat die span rustyd met 15 – 7 agter was.


Die Groentruie van Mamre het Saterdag 10 Februarie in Abbotsdale in sy eerste voorbereidingswedstryd van die seisoen met 34 – 33 verloor nadat die span rustyd met 15 – 7 agter was.

Mamre wat verlede seisoen een van sy swakste seisoene nog beleef het, het egter ware karakter en veggees getoon ten spyte van sy swak verdediging.

Kenny Stadler wat die span verlede seisoen aangevoer het en deesdae hulpafrigter is, het rustyd harde woorde met die span gehad en die jongspan van Mamre het reageer deur vier drieë in die tweede helfte te druk wat die besoekers binne bereik van ’n oorwin­ning geplaas het.

Die onervare span het egter ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip – om die wedstryd buite bereik van die tuisspan te plaas – deur nie die mas op te kom in vaste fasette waar sy lynstane en skrums gepla het nie.

Mamre het egter verwoed aangeval en in die tuisspan se doelgebied geboer. Die groentruie het gedog hy wen die wedstryd in die doodsnikke toe Jovhan Davids oor is vir die “wendrie”, maar die skeidsregter het bepaal dat hy aangeslaan het. Stadler sal veral tevrede wees met sy span se toegewydheid, maar harde werk lê vir die span voor. Mamre speel 17 Februarie teen Darling op laasgenoemde se veld.

You need to be Logged In to leave a comment.