Mamriete hou binnekort lekker blommefees

Die gewilde fees, wat verlede jaar sowat 7 000 mense van regoor die Kaap getrek het, vind vanjaar tussen 15 en 17 September by Die Werf en Die Park (in Kerkstraat) plaas.


Die gewilde fees, wat verlede jaar sowat 7 000 mense van regoor die Kaap getrek het, vind vanjaar tussen 15 en 17 September by Die Werf en Die Park (in Kerkstraat) plaas.

Allister Izobel, wat geen bekendstelling nodig het onder Kapenaars nie, sal feesgangers vermaak van 20:00 die Vrydagaand. Izobell se loopbaan het in 1987 begin, toe hy die rol van die jong koerantverkoper, Broertjie, in Taliep Petersen en David Kramer se District 6 The Musical vertolk het.

Dit is Saterdag 16 September Loukmaan Adams se beurt om die Mamre-gehoor te vermaak. Loukmaan is ook bekende sanger wat bekendheid as lid van die groep Ricardo and Friends en optredes in District Six the Musical en Kat and the Kings verwerf het. Hy het ook al saam met Stevie Wonder en Bonnie Tyler opgetree.

Die Sondagmiddag om 14:00 is Opera in Mamre aan die beurt. Ses sangers verbonde aan die Universiteit Kaapstad se Operaskool in samewerking met Kaapstad Opera, voer komposisies deur welbekende komponiste uit. Opera in Mamre word saamgestel deur Jose Dias en aangebied deur Thys Greeff, wie ook gekontak kan word op 082 749 4457 vir kaartjies.

Die restourant op Die Werf sal soos oudergewoonte smullekker egte boerekosse opdis. Bel Rose Davids op 083 692 0356 vir besprekings.

Daar is ook verskeie stalletjies met geregte soos smoorsnoek en bakbrood om van die te kies en keur. En vir diegene ouer as 18 jaar – die biertuin is weer hierdie jaar terug.

Die wat ook nog stalletjies wil bespreek tydens die fees, kan Ria Hardenberg by 078 440 2666 kontak.

Daar sal ’n speelhoekie wees met toesig wat ’n ogie hou terwyl ouers rustig na die blommeuitstallings kan kyk of smul aan die lekker kos. Toegangsfooi vir volwassenes is slegs R30 en R10 vir kinders.

You need to be Logged In to leave a comment.