‘n Man van Atlantis is vroeër dié week met ‘n ongelisensieërde vuurwapen betrap en in hegtenis geneem.
Volgens sers. Wesley Twigg, woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het lede van die Atlantis-polisie het op Maandag 1 Desember inligting ontvang oor ‘n vuurwapen by ‘n perseel in Yewstraat, Pella.
Hulle het die inligting opgevolg en die geïdentifiseerde perseel deursoek waar hulle ‘n haelgeweer gevind het, versteek in ‘n kas in die slaapkamer.
‘n Volwasse man is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen aangesien hy nie rekenskap van die vuurwapen kon gee nie.
Die verdagte sal in die Atlantis-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.
Man oor ongelisensieërde haelgeweer in hegtenis geneem
|
Deel die berig:

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews op WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Deel die berig:
Verwante Artikels
Laat ’n kommentaar
You need to be Logged In to leave a comment.


