Man wat glo jong ma en kind vermoor verskyn weer in hof

Die saak teen ’n man wat glo ’n jong ma en haar dogter vermoor het, het Vrydag in die Atlantis-landdroshof voorgekom.


Die saak teen ’n man wat glo ’n jong ma en haar dogter vermoor het, het Vrydag in die Atlantis-landdroshof voorgekom.

Wilfred Oliphant (35) is aangekla van die moord op Octavia Skippers (23) en haar driejarige dogter, Cleo.

Oliphant het laas op 12 Junie in die hof verskyn. Hy het nie vir borgtog aansoek gedoen nie en is steeds in aanhouding.

Die lyke van Cleo en Octavia is op Dinsdag 6 Junie op ’n stuk veld tussen Protea Park en Witsand gestort. Hulle is laas gesien op pad na ’n vriendin om hare in te vleg.

Oliphant is twee dae later in hegtenis geneem. – News24

You need to be Logged In to leave a comment.