Mans moet belangrike rol in gemeenskap vertolk

“Mans moet verantwoordelikheid aanvaar.”.


“Mans moet verantwoordelikheid aanvaar.”

Só het raadslid Chynthia Clayton aan ongeveer 80 mans gesê by die Manne­dag-geleentheid wat Woensdag 6 Junie by die Saxonsea-gemeenskapsaal plaasgevind het.

“In die aanloop tot Jeugdag is die werkloosheidsyfer onder jeugdiges baie hoog – nie net hiér nie, maar oor Suid-Afrika heen,” het Clayton gesê. “Jongmanne sal ook moet leer om hulself te bemagtig, want niks in die lewe word op ’n skinkbord aan mense uitgedeel nie.

“Met al die geleent­hede wat na Atlantis gaan kom, is dit belang­rik vir julle om ’n rol in die ekonomie­se ontwikkeling van die dorp te speel deur na vore te tree. Almal moet nie net ‘hand outs’ verwag nie,” het sy voorts gesê. Volgens haar is dit belangrik dat alle mans moet weet wat hulle rol in die samelewing is, want te veel mans dink as hulle ’n meisie swanger kry, is hul rol as man voltooi.

“Daagliks is die hof vol van mans wat moet verskyn vir onder­houd, want jongmanne wat goeie werke het los die werk net om vir die hof te sê hy is werkloos en kan nie onderhoud betaal nie. Daarom moet hulle verant­woor­delikheid aanvaar,” meen Clayton.

Die groep mans was ook voorgestel aan verskeie opleidingsentrums wat kan help met die bemagtig van mans in Atlantis.

Clayton het beklemtoon dat hierdie geleentheid slegs die begin is en het gesê dat ’n opvolgsessie binnekort beplan word.

You need to be Logged In to leave a comment.