Die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca), Wet nr. 121 van 1998, se doel is om maatreëls in te stel wat kriminele bende-aktiwiteite bekamp en sekere aktiwiteite wat met bendes verband hou, te kriminaliseer en sodoende leemtes in die gemene statuutreg aan te vul.
Dit word dus ’n kriminele oortreding as ’n persoon ’n lid van ’n bende is en aktief deelneem aan bendebedrywighede.
Dit verg ’n meer uitgebreide ondersoek en dus neem dit langer om bendeleiers te vervolg. Die polisie en regslui moet kan bewys ’n individu is ’n bendelid, soos in die Grondwet beskryf, dat daar ’n patroon van bende-aktiwiteit is, dat die bende ’n groep is (meer as drie persone) en dat die bende ’n unieke naam het en ’n gewoonte het om misdaad te pleeg.