Yvonne Foster (middel agter) by die groep tieners nadat sy hulle oor geestelike afwykings toegespreek het.Foto: Murphy Roberts


Molo Songololo, ’n organisasie wat hom vir die regte van kinders beywer, het Saterdag (13 April) ’n praatjie oor geestesgesondheid vir meisies van Atlantis aangebied.

Yvonne Foster, ’n maatskaplike werker van Cape Mental Health, het die jong mense vertel van al die verskillende geestelike toestande wat bestaan en wat die oorsaak daarvan soms kan wees.

Aleah van der Burg (14) sê sy het baie geleer en sal met dié inligting probeer om haar vriende te help wat deur dieselfde situasie gaan.

Haar vriendin Lohan Cloete (12) vertel sy kon nooit verstaan hoekom mense soms vreemd optree nie, maar nou het sy ’n beter begrip van waardeur party mense gaan. Sy sê mense met geestelike afwykings moet nie verwerp word nie, maar gehelp word.

Tracey-Lee Swart (14) sê die spreker was baie interessant. Sy vertel sy het nooit geweet dwelms kan tot geestesgesondheidsafwyking lei nie.

You need to be Logged In to leave a comment.