Die Avondale Senior Drum Majorettes het Saterdag 19 November Atlantis-inwoners ’n voorsmakie van hul roetine gegee by Atlantis Mall se parkeerarea.
Die meisies is tans besig om voor te berei om aan verskeie kompetisies deel te neem, in voorbereiding vir die nasionale kampioenskappe wat einde volgende jaar in Durban sal plaasvind.
Geordie Wilson, een van die groep se afrigters, vertel dit was ook ’n manier vir die groep om geld in te samel vir die nasionale toernooi.
Die trompoppies gaan meer gereeld te sien wees by die inkopiesentrum en terwyl hulle roetines uitvoer, word daar ook verkope gehou.
Mej. SA-finalis vir 2017, Chanté Holloway van Atlantis, het ook al gedroom om trompoppie te wees. Sy het ook die meisies kom ondersteun by die inkopiesentrum en hulle het haar bietjie touwys gemaak.
- Jy kan ook vir Holloway ’n plek in die finale van Mej. SA verseker deur vir haar te stem. SMS die nommer 4 na 45791. SMSe kos R1,50 en jy het kans tot 13 Januarie om te stem.