Ebrahim Patel, die minister van ekonomiese ontwikkeling, by sy besoek aan die Alesha Blankets-fabriek.Foto:


Alesha Blankets wat verlede jaar 87 van sy werkers moes aflê, is weer besig om sy voete te vind.

Ebrahim Patel, die minister van ekonomiese ontwikkeling, het die kombersfabriek in die Atlantis-industriële gebied onlangs besoek. Patel wou gaan vasstel hoe die departement van handel en nywerheid se belegging die fabriek bevoordeel. Volgens die onderneming se bestuurder vir menslike hulpbronne, André Swart, het die fabriek – danksy die belegging van twee nuwe masjiene deur die departement – die afgedankte werkers teruggeneem. Die nuwe masjien het die geleentheid vir ’n verdere 90 poste geskep. Die fabriek het sodoende sy mark verbreed en vervaardig nou ’n groter verskeidenheid komberse.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 June 2025
    WeskusNuus-E-Edition-25-June-2025