Minister open sportbaan

Reygersdal Primêr se moderne, nuwe veeldoelige sportbaan is Donderdag 25 Mei amptelik deur die nasionale minister van sport en ontspanning en sy adjunk geopen.


Reygersdal Primêr se moderne, nuwe veeldoelige sportbaan is Donderdag 25 Mei amptelik deur die nasionale minister van sport en ontspanning en sy adjunk geopen.

Die sportbaan van sowat R1,2 miljoen is in samewerking met die sporttrust en die departement gebou. Volgens Carol Crawford van die trust, kan die sportbaan vyf verskillende sportkodes akkommodeer, waaronder sokker, netbal, basketbal, vlugbal en tennis en het ’n lewensduur van byna 20 jaar.

Crawford sê voorts dit is maar die sesde een wat in die Wes-Kaap gebou is.

“Skole wat die sportbane ontvang word volgens leierskap, sport en akademiese programme gekies. Die voordeel van die oppervlak is dat dit beserings verminder en is ook omgewingsvriendelik,” sê Crawford. Adjunkminister van sport, Gert Oosthuizen, het amptelik die skool aangeneem en sal voortaan na die skool se sportbehoeftes omsien. Minister Thembelani Nxesi het in sy toespraak gesê Atlantis het hope talent en dat die dorp nog baie sportsterre gaan oplewer.

Skoolhoof Danny Pietersen het die ministers en die sporttrust bedank vir die gebaar.

You need to be Logged In to leave a comment.