Twee verdagtes is 11 September vir perdediefstal in hegtenis geneem. Volgens kapt. Cyril Dicks, Atlantis-polisiewoordvoerder, is een verdagte reeds in April aangekeer. Volgens Dicks is nog twee verdagtes aangekeer nadat die polisie inligting ontvang het.
Drie verdagtes (20, 26 en 28 jaar) is 2 September in Kholgastraat, Sherwood Park in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen. Volgens Dicks het die polisie inligting van die gemeenskap ontvang en die verdagtes met die vuurwapen in ’n motor betrap.
Een persoon is in hegtenis geneem nadat verskeie skote in Kanonkop afgevuur is. Volgens Dicks het die gemeenskap die polisie Vrydag 6 September gebel en ’n beskrywing van die verdagte aan die polisie gegee. Die 18-jarige verdagte is in Saxonsea deur die misdaadvoorkomingseenheid aangekeer en ’n onwettige vuurwapen is in sy besit gekry.
’n 30-jarige verdagte wat van verkragting verdink word, nadat hy vermoedelik sy meisie Maandag 9 September in Witsand verkrag het, is deur die polisie in hegtenis geneem en verskyn binnekort in die hof. Volgens Dicks het die meisie seks geweier, maar die verdagte het haar egter gedwing.