MK1-motorklub bederf kinders

Die bekende MK1 Lifstyle-motor­klub in Atlantis het met Paasnaweek kinders se harte laat smelt toe die groep Paas­eiers aan meer as 500 kinders uitgedeel het.


Die bekende MK1 Lifstyle-motor­klub in Atlantis het met Paasnaweek kinders se harte laat smelt toe die groep Paas­eiers aan meer as 500 kinders uitgedeel het.

Volgens die Golf-motorgroep se ondervoorsitter, Gershwin Booysen, het lede geld vir dié doel ingesamel en het hulle besluit in watter gebied die kinders dit die meeste gaan waardeer.

Volgens hom het kinders by die Dassenberg­rylaan-plakkers­kamp die groep met ope arms verwelkom en dit was beslis “ ’n riem onder die hart, want baie van die kinders het nog nooit ’n Paaseier gesien nie”. Booysen vertel ná hulle besoek aan die plakkerskamp het hulle die woonstelle besoek en het hul motors meer aansien geniet as die Paaseiers.

Die groep wat graag in die gemeenskap terugploeg sê hul volgende doelwit is om binnekort honger magies te vul.

Die groep met hul Golf-motors is uiters gewild onder die kinders en het volgelinge met kaskarre. Die groep wil hulle ook binnekort wil bederf.

“Die groep kinders het een­dag uit hul eie by ’n saamtrek opgedaag en hul kaskarre uitgestal,” vertel Booysen.

You need to be Logged In to leave a comment.