Adrian Olifant, Mnr. Wes-Kaap 2019, het inwoners en kinders van Sherwood Park se harte verbly toe hy Maandag 1 Julie sop en warm kos in die koue winterweer uitgedeel het. Olifant het self die uitreiking gefinansier wat vanuit sy ouerhuis in Concordiastraat, Sherwood Park, gehou is. Hy wil ’n verskil maak na aanleiding van die behoefte wat hy in die gemeenskap gesien het. Hy beoog ook om sopkombuise te hou in ander gebiede in Atlantis. Foto: Clement Trussell