Magsbehep en verdeeldheid is besig om sy tol in Atlantis te eis.
Die Atlantis-SES is ’n werklikheid en gaan die dorp weer bekend maak. Atlantis kan nie langer gyselaar gehou word deur mense wat magsbehep is nie, want op die ou-end gaan óns mense die prys betaal. Ná die verkiesing van die SES-komitee het almal skielik ’n appel te skil, die “proses was nie deursigtig nie” of “ek was nie genooi nie”. Tog klets almal lekker saam op sosiale media. Ons mense ly terwyl die “vet katte” niemand iets gun nie. Waar gaan dit Atlantis laat? Inwoners sal moet verenig en van die “vet katte” ontslae moet raak. Die jeug sal ook hul stem moet laat hoor, hulle is die leiers van môre. – MR