Mooie Sashkia het groot planne

Die 13-jarige Sashkia Salmans, wat verlede jaar eerste prinses in die Mej.Weskus Nuus se junior afdeling was, is stewig op pad om haar merk in die skoonheidswêreld te maak.


Die 13-jarige Sashkia Salmans, wat verlede jaar eerste prinses in die Mej.Weskus Nuus se junior afdeling was, is stewig op pad om haar merk in die skoonheidswêreld te maak.

Dié gr. 8-leerder aan Atlantis Sekondêr skaaf tans haar talent by Tiffany-Amber Models in Durbanville, en het in die eerste vier maande verskillende kompetisies gewen. Sashkia, wat groot planne vir die toekoms het, is verlede jaar as eerste prinses vir Little Princess of South Africa gekies. Sy is tans ’n finalis in Toddler and Tween of the World waarvan die wenner in September in Johannesburg aangekondig word.

Liefdadigheidswerk is een van haar groot liefdes en sy werk aan ’n komberse-projek vir hawelose mense en tehuise in Atlantis.

“Die gemeenskap van Atlantis sal ’n groot rol in die sukses van Sashkia speel,” sê haar ma, Valmarie Lewis, aangesien die wenner deur middel van stemme bepaal word.

Mense wat Sashkia graag wil ondersteun, kan R1 by Traders Wharehouse vir ’n stem vir haar betaal of 061 787 8782 of 021 572 4381 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.