Atlantis-inwoners meen bendegeweld is weer besig om handuit te ruk.
Dít nadat ’n 29-jarige man Saterdag 17 November voor ’n sjebeen in Amaryllisstraat, Proteapark doodgeskiet is.
Die oorledene, wat glo onlangs uit die gevangenis gekom het, het op die toneel aan sy kopwond beswyk,” het kapt. F.C. van Wyk, ’n polisiewoordvoerder bevestig.
In die jongste voorval Sondag 25 November, is ’n man ernstig gewond toe hy in die bors geskiet is. Volgens ’n ingeligte bron was daar die naweek verskeie skietvoorvalle waarvan die meeste by die Dura-woonstelle en in Proteapark-gebied voorgekom het.
Die bron vertel voorts dat mense nie ’n klag aanhangig wil maak nie en “verkies eerder om wraak te neem”. Drie mense het onlangs in twee afsonderlike voorvalle gesterf en volgens Van Wyk is daar nog niemand in hegtenis geneem nie.
. Die twee beskuldigdes in die baba Brayden Graaf-moordsaak, Renaldo Gelant en Charlton Renier, se vonnisoplegging is tot 3 Desember uitgestel. Dié twee is onlangs in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan moord nadat Brayden verlede jaar raakgeskiet is en gevolglik gesterf het nadat hy buite op die stoep op sy ma se skoot gesit het.