Motief vir moord onbekend

Familie en vriende van Trevor Linroth (24) van Darters Place in die Dura-woonstelle is steeds stomgeslaan nadat hy Vrydag 31 Augustus omstreeks 21:30 koelbloedig deur die kop geskiet is.


Familie en vriende van Trevor Linroth (24) van Darters Place in die Dura-woonstelle is steeds stomgeslaan nadat hy Vrydag 31 Augustus omstreeks 21:30 koelbloedig deur die kop geskiet is.

Linroth het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Volgens ’n betroubare bron het Linroth en vriende in Crow Court gesit en kuier toe die verdagte aan die deur klop. Die verdagte het glo ingekom en ’n familielid gesoek, maar het die volgende oomblik ’n vuurwapen uitgehaal.

Die bron, wat ook in die huis was, vertel dat Linroth dieselfde tyd gebuk het om wyn te skink toe die verdagte hom met ’n enkele kopskoot geskiet het en toe te voet vlug.

Volgens geskokte vriende moes die verdagte ’n familielid – wat ’n vermeende dwelmhandelaar is – skiet. Die 18-jarige verdagte is Maandag 3 September in hegtenis geneem en het Woensdag in die plaaslike hof verskyn.

Die man is weer Dinsdag 11 September in die hof om aansoek te doen om borgtog.

Trevor was bekend en het altyd mense gehelp. Volgens sy vriende was hy nie met bendebedrywighede betrokke nie.

You need to be Logged In to leave a comment.