Motorfietsryers reik na inwoners uit

Die Destiny Riders-motorfietsklub van Atlantis in samewerking met George Steyn, het die Feeding Atlantis-projek van stapel gestuur.


Die Destiny Riders-motorfietsklub van Atlantis in samewerking met George Steyn, het die Feeding Atlantis-projek van stapel gestuur.

Hulle het Saterdag 3 November saam met GC Tunning, Wreckers-motorfiets­klub en verskeie ander borge gewerk om die kinders in uitbreiding 12 in Atlantis met vetkoeke en lekkernypak­kies te bederf.

Volgens Steyn was die dryfveer agter die uitreik om die minderbevoorregte mense se nood voor die feesseisoen te verlig.

Hy sê die plan is om elke drie maande na hulle uit te reik en veral op die kinders te fokus. Hy het ook die helde bedank wat agter die skerms gehelp het.

Die volgende uitreik is in Januarie in Uitbreiding 13.

You need to be Logged In to leave a comment.