Motorgroep reik uit na kinders

Die Mk1 Lifestyle Motor-groep het weer eens bewys dat die gemeenskap hom na aan die hart lê.


Die Mk1 Lifestyle Motor-groep het weer eens bewys dat die gemeenskap hom na aan die hart lê.

Die groep het Dinsdag 14 Mei vyf plaaslike kleuterskole met ontbytpap en ander eetgoed bederf.

Volgens Ricardo Skippers, voorsitter van die groep, het ’n plaaslike vervaardiger die produkte aan hulle verskaf en het die groep die begunstigdes geïdentifiseer.

“Ons doen alles met ’n passie vir die gemeenskap,” sê Skippers. Hy meen die lede se “liefde vir kinders” maak dinge soveel makliker.

Die groep het ook ’n noue werkverhouding met Weskus Nuus en Radio Atlantis en voel dat hulle daarom baie geseënd is.

You need to be Logged In to leave a comment.