’n Stappie nader aan Old Trafford-droom

Bafana Bafana se afrigter kan gerus ’n draai in Atlantis kom maak om sy span ’n krag in wêreldsokker te maak.


Bafana Bafana se afrigter kan gerus ’n draai in Atlantis kom maak om sy span ’n krag in wêreldsokker te maak.

Die 14-jarige Roy-Keane du Plessis, ’n leerder aan Hoërskool Robinvale, se sokkertalent ken geen perke. Die kranige doelskieter is pas in die nasionale o. 17-span opgeneem om van 12 tot 18 Desember aan ’n internasionale vierhoekige toernooi deel te neem.

Du Plessis was deur die nasionale sokkerliggaam na Pretoria genooi vir ’n oefenkamp met die hoop om die span te haal.

Dié gr. 8-sokkerspeler hoop om eendag op die immergewilde Old Trafford vir die Rooi Duiwels uit te draf.

Hy was ook vroeër deel van die Coke Copa se o. 15-sokkerspan wat aan die wêreldbekertoernooi in Durban deelgeneem het.

Du Plessis het onlangs skoonskip gemaak by die skool se prysuitdeling in die seunsafdeling toe hy as die skool se beste o. 15-sokkerspeler, sokkerspeler van die jaar en sportman van die jaar aangewys is.

You need to be Logged In to leave a comment.