Weskus Nuus
het Saterdag 18 Mei ’n netbal-ontwikkelingstoernooi in Witsand aangebied waaraan 60 jong netbalspelers deelgeneem het.
Die Bayern-span het na afloop van die toernooi met die louere weggestap nadat hulle Witsand-netbal in die eindstryd geklop het.
Die K5-span het derde geëindig.
Volgens Nosizwe Cetywayo, wat die jongspan bymekaar gekry het, sal mense nie maklik besef hoeveel só ’n toernooi vir die kinders van Witsand beteken nie.
Sy sê ’n plaaslike, amptelike netbalspan sal nou op die been gebring word om die kinders “van die strate af te hou”.
Volgens Clement Trussell, advertensieverteenwoordiger van Weskus Nuus, is die toernooi op kort kennisgewing aanmekaar geslaan, maar dit was ’n reusesukses.
Dié sukses is ook danksy Weskus Nuus-vennote wat hulp gebied het.
“Danksy die plaaslike Pick n Pay, Atlantis Booksellers (boekwinkel) en die MK1 Lifestyle Motor-groep se omgee vir inwoners het ons groot sukses behaal,” sê Trussell.
Deelnemers het worsrolletjies van Pick n Pay geniet terwyl die koue lafenis deur die boekwinkel verskaf is.
MK1 Lifestyle het die wenners se trofee verskaf.