Netbalspelers mik hoog

Saxonsea Primêre skool se o.13-netbal­span is op pad na die Suid-Afrikaanse skolenetbalkampioenskap.


Saxonsea Primêre skool se o.13-netbal­span is op pad na die Suid-Afrikaanse skolenetbalkampioenskap.

“Dié toernooi vind 27 en 28 Julie in Bloemfontein plaas,” sê die span se trotse afrigter, Averal Smith.

Volgens Smith was dit ’n lang en moeilike pad vir die span, maar die meisies het deurgedruk. Smith sê die pad het begin toe die span die plaaslike kompetisie gewen het en daarna as wenners van die Kaapstad se primêre skoleliga gekroon is. Daarna het die meisies 2 Junie die Wes-Kaapse skole­kom­petisie in Riversdal gewen om sodoende vir die nasionale kompetisie te kwalifiseer. Volgens Gary Markus, waarnemende hoof, is die skool se prestasies ’n ligpunt vir baie kinders in die dorp.

“Dit skep die geleentheid om leerders se horisonne te verbreed. Almal se harde werk kan dalk gekniehalter word weens ’n gebrek aan geld.”

Volgens Markus het hulle die hulp van sakeondernemings nodig om die reis na Bloemfontein ’n werklikheid te maak. “Die meeste van die spelers kom uit behoeftige huise en enigeen wat kan help, kan die skool by 021 572 3247,” het hy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.