Netbalspelers wys talent by proewe

Jeugdag het vir baie opwinding in Atlantis gesorg toe die CTNF (Cape Town Netball Federation) se Erica-netbalproewe by Wesfleurpark gehou was.


Jeugdag het vir baie opwinding in Atlantis gesorg toe die CTNF (Cape Town Netball Federation) se Erica-netbalproewe by Wesfleurpark gehou was.

Altesaam 200 jong netbalspelers van oor die Kaap heen het hul talente hier kom toon in die hoop om in die uitsoekgroep te wees. Op dié dag is 101 spelers gekies met die keurders wat dié groep na 60 gesny het Saterdag 23 Junie by die laaste proewe.

Die spelers maak uiteindelik drie spanne op wat die Weste­like Provinsie sal verteen­woor­dig.

Plaaslike spelers Charne Frazenberg, Natasha van der Horst en Micheala Gouws is in die provinsiale span.

Volgens Karen Arendse van die plaaslike netbalvereniging het Atlantis hope talent en wil hulle graag hê jong spelers moet by Atlantis-netbal aansluit.

. Belangstellendes kan Karen Arendse by 072 625 8157, Maria Anderson by 060 738 7790 of Felicity Balie by 079 445 97025 kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.