Marinda Engelbrecht van Marinda Kook-faam se ma het graag ertjies en geelrys bedien. Probeer gerus dié basiese resep.
Marinda se bobotie
Bestanddele
2 uie fyn gesny
15 ml olie om die uie in te braai
2 snye brood
100 ml melk
sout en peper na smaak
80 ml appelkooskonfyt
40 ml kerriepoeier
15 ml borrie
5 ml fyn komyn (opsioneel)
30 ml asyn
3 suurlemoen of lourierblare
1 kg beesmaalvleis
Vir die bolaag:
1 eier geklits in 60 ml melk
Metode
• Sit die brood in ‘n diep bord en gooi die 100 ml melk oor die brood;
• Braai die uie tot glaserig in ‘n bietjie olie op die stoof;
• Gooi die res van die bestanddele in ‘n mengbak en meng deeglik deur;
• Druk die melk uit die brood en meng saam met jou uie by die vleismengsel;
• Skep dit in ‘n gesmeerde oondbak;
• Meng jou bolaag (een geklitste eier en die 60 ml melk) en gooi dit oor jou vleis in die oondbak;
• Sit die suurlemoenblare bo-op alles;
• Bak vir 60 min by 190 ºC;
• Sit jou bobotie met rys en groente voor.
Hierdie basiese resep is altyd ‘n wenner en jy kan ses tot agt mense hiermee onthaal.
Bron: Marinda Kook





