Nog baie meer ‘straatatletiek’ vir Atlantis in die toekoms beplan

Velocity-atletiekklub was Dinsdag 13 Maart gasheer vir die tweede Westelike Provinsie Atletiek (WPA) Street Athletics-saamtrek.


Velocity-atletiekklub was Dinsdag 13 Maart gasheer vir die tweede Westelike Provinsie Atletiek (WPA) Street Athletics-saamtrek.

Atlete van verskeie plaaslike skole was slaggereed vir die dag.

Volgens Tashwell Adams, voorsitter van die Velocity-atletiekklub, is van die skole bietjie versigtig om atlete te stuur na die saamtrek oor die bendegeweld in Atlantis. “Minder skole het hierdie keer aan die wedloop deelgeneem, maar daar was meer atlete oor die algemeen,” sê Adams.

Die Street Athletics het ná skool om 14:30 in Grosvenorlaan, voor Saxonsea Primêr, plaasgevind. Seuns en meisies tussen die ouderdom van ses en 17 jaar oud kon teen ander atlete in 50 m tot 800 m deelneem. Adams het die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning by die wedloop.

WPA het ook ander soortgelyke straatatletiekbyeenkomste wat by ander gemeenskappe gehou word, maar sê hy kry elke keer die warmste verwelkoming in Atlantis.

You need to be Logged In to leave a comment.