Nominasies nou oop vir Let’s Play-wenners

Nominasies vir vanjaar se Weskus Nuus SuperSport Lets Play-toekennings is nou oop.


Nominasies vir vanjaar se Weskus Nuus SuperSport Lets Play-toekennings is nou oop.

Skole en afrigters in Weskus Nuus se verspreidingsarea word uitgenooi om hul atlete in te skryf om in aanmerking te kom vir die Let’s Play-wenner van die maand.

Let’s Play het ten doel om ’n platform te bied aan jong atlete en hul prestasies te vier.

Die maandwenner se profiel sal in die koerant verskyn en hy of sy sal ook ’n geskenkpak van SuperSport ontvang. Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner gekies en tydens ’n ete saam met hul ouers en skoolhoofde/afrigters, aangekondig word.

Verlede jaar se wenner, Roy-Keane du Plessis, ’n gr. 7-leerder van Saxonsea Primêr, het met sowat R2 600 se pryse weggestap.

Krieket-omroeper en direkteur van die Cape Cobras, Jeremy Fredericks, was die seremoniemeester en oud-Springbok Dale Stanton was een van die gassprekers op die aand. Stuur ’n kort opsomming van die leerder se prestasies aan Joline.vd Merwe@media24.com of bel 021 572 9090 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.