Nomineer jou skool se topatlete vir prys

Nominasies vir vanjaar se Weskus Nuus SuperSport Lets Play-sportpryse is nou oop.


Nominasies vir vanjaar se Weskus Nuus SuperSport Lets Play-sportpryse is nou oop.

Skole en afrigters in Weskus Nuus se versprei­dingsgebied word genooi om hul atlete in te skryf om in aanmerking te kom vir die Let’s Play-wenner van die maand.

Let’s Play het ten doel om ’n platform te bied aan jong atlete om hul prestasies te vier. Die maandwenner se profiel sal in die koerant verskyn en hy of sy sal ook ’n geskenkpak van SuperSport ontvang.

Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner gekies en by ’n geselligheid saam met hul ouers en skool­hoofde/afrigters, aangekondig word.

Stuur ’n kort opsomming van die leerder se prestasies aan Joline.vd Merwe@media24.com of bel 0021 572 9090 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.