Met Festive is verby; kan ons nou die nuwe jare op ’n mooi skoon noot begin? Nuwe bladsy. Ons bankrekeninge is mooi skoon. Koskasse is mooi skoon. Yskasse is skoon. Als is mooi ytgehaal. Maar nie vir my nie. Ek dink mos altyd my slim planniekies gaan my iewers bring, maar nee, dit maak net laat ek in die moeilikheid kom. Laasjaar net voor Festive toe sê my dierbare vroukie vir my sy’t geld gespaar deer die jaar. Ons moet vir ons ’n 50 inch TV loop kontant koop by Lewis. Man, ons sit nog so by die tafel van die verkoopspersoon toe kom loop my kop chomie wat samet my werk ok daar in. Ek sien hom en staan op en gaan na hom toe, want ons tweekies is baie lief vir mekaar. Vooitog. Is omdat hy so dom is wat ek van hom hou. Mens kan enige ding mit hom anvang. Ek sien toe hy’t sy pay slips en ID by hom en daat loop sit hy. Ek sien toe mar die ou is besig om vir hom ok ietsie te koop. Toesit ok ’n TV. Jong, ek sie toe somer mar dis dan dieselfde TV soos ek koop. Ek sta skrou toe nog van hier af vir ou Gielie. Jinne, Gielie, ons twee is nou TV-tweelings. En hy’s ok bly want hy qualify toe saam. Met die toe’s ek en my vrou se sake nou af gehandel, en die verkoopsdame sê mar ons ka mar gan. Hulle sal die TV more aflewer en ons is daar weg. Jong, by die hys gekom toe sit dink ek… mar as ek ok mos my payslips en ID neem, da kan ons mos mar die TV ok op skild vat, da kan ek mos leker dronknes hou met dai klomp geld wat ons nou daar loop betaal het. En iets sê vir my, moeti jou vrou sê nie. Want sy gan nie wil so maaki. Ek sê toe vir haar nee, mar ek kom nou, ek gan gou na Gielie toe. Vat toe my pampiere en gan regyt na ons verkoopsdame toe. Sy wou toe eers nie, mar oor ek so slings is met my bek, stem sy toe in om die kontant trug te gee en mar die TV op rekening te vat. Jong, sy sê toe ok vir my die eerste betaaling van die paaiemente is baie belangrik want Lewis speel nie. Hulle kom haal die ding, al kyk jy nog vir Days of our lives. Ek sê toe nee, sy moetie worry nie, ek sal haar nie teleer stel nie. Ek sal betaal. Mar sy moet my net belowe om nie vir my vrou te sê wat ek gedoen het nie. En ek’s daar weg, TV is afgelaai. En ek begin spênd…. (Verhaal vervolg in die volgende uitgawe van Weskus Nuus)

You need to be Logged In to leave a comment.