Nuwe baan wil plaaslike kampioene brei

Saxon Sea Sekondêre Skool spog met ’n splinternuwe skaatsplankbaan danksy die Indigo-jeugbeweging en die Wes-Kaapse regering.


Saxon Sea Sekondêre Skool spog met ’n splinternuwe skaatsplankbaan danksy die Indigo-jeugbeweging en die Wes-Kaapse regering.

Volgens Charl Jensel van Indigo skep hulle geleenthede vir voorheenbena­deelde jongmense om alles van skaats­plankry te weet. Dié projek wat sy ontstaan in Durban gemaak het, het weens die gewildheid ook na die Kaap versprei en die groep het volgens Jensel reeds ’n tak hiér oopgemaak.

“Ons hoofdoel is om kinders meer van die sport te leer en om internasionale gaste dan te nooi om meer van die dorpe se kultuur te leer,” sê hy.

“Dit maak ook dan die deur oop vir toerisme-entrepreneurskap.”

Ongeveer 50 kinders het die opening bygewoon en hul toertjies ten toon gestel. “Kinders wat nog nooit aan ’n skaatsplank geraak het nie, was touwys gemaak en daar sal met die span gewerk word om van hulle kampioene te maak,” verduidelik hy.

You need to be Logged In to leave a comment.