Nuwe bestuur vir stasie gekies

Radio Atlantis se jaarvergadering het 4 Augustus in die Tiberius-kerksaal Atlantis plaasgevind.


Radio Atlantis se jaarvergadering het 4 Augustus in die Tiberius-kerksaal Atlantis plaasgevind.

’n Nuwe bestuur is by dié vergadering verkies.

Volgens Dean Goliath, uittredende voorsitter is daar baie uitdagings by die radiostasie maar het hy volle vertroue in die nuwe bestuur om die stasie na nuwe hoogtes te lei.

Volgens Alister Lightburn, ’n voormalige voorsitter, het die vergadering baie belangstelling uit die gemeenskap gelok en dit wys dat almal die stasie se belange op die hart dra.

Die nuwe bestuurslede is: Jubeida Behardien, Thobile Maseti, Nikki Pretorius, Mishka Ganief, past. Charlton Keesch, Murphy Roberts, Ricardo Skippers, Maryna van der Merwe sowel as Regina Wright en Kathy Roman.

Behardien, ’n plaaslike prokureur, is by die bestuur se eerste vergadering tot voorsitter verkies en het haarself verbind om die stasie se belange eerste te stel en ook om te verseker dat die finansiële posisie van die stasie verbeter word.

Die nuwe besems is reeds kliphard aan die skoonvee en die pos vir die nuwe stasiebestuurder sal eersdaags geadverteer word nadat Rachel Watson reeds in Junie uit hierdie posisie getree het.

You need to be Logged In to leave a comment.