Atlete van ver en wyd word Saterdag 22 Junie weer vir die jaarlikse Mamre-atletiekklub se vierde halfmarathon verwag. Talle atlete het verlede jaar (foto) deelgeneem.Foto:


Die Mamre-atletiekklub se vierde halfmarathon (21 km) en 5 km-pretloop kom vinnig nader en beloof hierdie jaar nog meer opwinding.

Só sê Lesley Daniels, voorsitter van die klub. “Met ’n nuwe roete wat atlete hierdie jaar sal aanpak sal dit geensins die asemrowende uitsig oor die Atlantiese Oseaan beïnvloed nie.”

Die wedloop, wat Saterdag 22 Junie voor die Mamre Primêr begin en eindig, neem die deelnemers steeds deur die dorp en atlete kan dalk vinniger tye behaal. “Die verskil in die nuwe roete is dat die opdraande uitgesny is en dit open die deure vir vinniger tye,” sê Daniels.

Atlete en belangstellendes kan hom by 079 111 6489 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article