Die klas van 1967 van Athlone-onderwyskollege het verlede jaar sy 51ste reünie gevier. Marion-Joan Carolus kon die reünie weens mediese redes nie destyds bywoon nie, maar hierdie groep van Stellenbosch, Paarl en die Strand het besluit om Carolus met hul eie reünie in Atlantis te gaan verras. Christina Levendal, Charlotte Abrahams, Audrey Katts, Helena Benjamin, Roseline Williams, Margaret de Morney, Sheilah Williams, Viola Meyer en Carolus het lekker gekuier en gesels oor die “goeie ou dae”. Foto: Clement Trussell