Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) in samewerking met die Green Solar Academy en Life Choices het onlangs die Fotovoltaïese (PV)

Sonpaneelmonteerder-opleidingsprogram aangebied.

Dit is ‘n betekenisvolle stap om vaardighede op te bou en geleenthede vir die plaaslike jeug in die

groenekonomie te skep.

Die program, wat deur die Onderwys- en opleidings-

owerheid vir vervaardiging, ingenieurswese en verwante dienste (Merseta) gefinansier is, weerspieël die Asez se volgehoue verbintenis tot gemeenskapsbemagtiging en die vestiging van ‘n plaaslike toekomsgerigte arbeidsmag.

Die inisiatief het 20 werklose jongmense uit omliggende gemeenskappe aan ‘n vier dae inleidende kursus gefokus op PV-sonkragmonteerstelsels laat deelneem. Deelnemers het aan die hand van ‘n kombinasie van teorie en prakties grondliggende kennis en praktiese ondervinding in hierdie groeiende veld vir hernubare energie opgedoen.

Al was dit ‘n inleidende kursus, het dit veel meer as tegniese vaardighede gebied.

Dit het deelnemers blootgestel aan lewensvatbare loopbaanrigtings in die hernubare-energie-sektor, hul omgewingsbewustheid verhoog en selfvertroue gebou om verdere geleenthede in die groenekonomie na te streef.

Hierdie opleiding stem nou ooreen met Asez se brëer missie om Suid-Afrika se regverdige oorgang te ondersteun en te verseker dat histories benadeelde en landelike gemeenskappe ingesluit word in die land se skuif na ‘n volhoubare en veerkragtige toekoms.

Deur jongmense toe te rus met die vaardighede wat in ‘n vinnig groeiende bedryf benodig word, takel Asez en sy vennote nie net werkloosheid nie, maar lê hulle ook die grondslag vir ‘n meer inklusiewe, volhoubare ekonomie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article