Die afgelope naweek was aansienlik stiller na die vorige naweek se bloedloop.
Inwoners het hul misnoeë oor die slagting op sosiale media uitgespreek en ’n gemeenskapsoptog word vir Saterdag 4 Maart om 08:00 beplan.
Volgens die Facebookblad, Atlantis anti-gangsterism campaign, is die doel van die optog ter nagedagtenis van diegene wat as gevolg van bendegeweld gesterf het.
- Tussen Maandag 13 Februarie en Sondag 19 Februarie, is sewe mense in Atlantis vermoor. Nie al die insidente is egter bende-verwant nie. Die volgende inligting is deur die polisie bekend gemaak rakende die insidente.Maandag 13 Februarie omstreeks 13:00 is Baydon Henkerman in sy huis in Rooibekkiestraat, Robinvale geskiet. Na bewering was Henkerman genader deur iemand wat ’n selfoon aan hom wou verkoop en is verskeie kere in die kop en liggaam getref. Volgens FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoer-der, het Henkerman op die toneel aan sy wonde beswyk. Volgens ’n polisiebron was daar ’n paar weke gelede ook ’n poging om Henkerman te skiet, maar dit het misluk. ’n Verdagte is die volgende dag deur die Atlantis-polisie in hegtenis geneem.)’n Man van Larks Place, in die Dura-woonstelle, is Donderdag ten aanskoue van die gemeenskap dood geslaan.
Laurence Olifant (26), self lid van ’n tronkbende, is na bewering deur opponent-bendes omstreeks 16:00 met grawe geslaan.
Daar is glo ook ’n opname van die insident gemaak, wat op sosiale media versprei word. Die opponent-bendegroep bestaan glo uit skoolgaande kinders.
Volgens kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoer-der, word ’n saak van moord ondersoek.
Inwoners op die toneel wou hul nie baie uitlaat oor die insident nie, uit vrees vir hul lewens.
- Daar word gespekuleer dat die moontlike motief vir die moord wraak was. “Kapie (Olifant se bynaam), is van kleins af skelm. Hy het seker een van die bendes of ’n familielid geroof,” het een inwoner gesê.Vrydag 17 Februarie omstreeks 19:00 is Angelo Adriaanse (38) in Steve Bikostraat, Witsand gesteek. Volgens kapt. Cyril Dicks, polisiewoordvoerder, is die oorledene beroof en is hy ’n steekwond toegedien waarvan hy beswyk het. Een manspersoon is in hegtenis geneem.)Saterdag 18 Februarie omstreeks 11:40 is Glenville Brown (23) in Catallisstraat, Protea Park geskiet. Hy is op die toneel dood.
- Niemand is in verband met die insident in hegtenis geneem nie.Sondag 19 Februarie is Luxolo Ngqipe (30), se lyk by die Protea Park-kliniek in Gardeniastraat gevind. Volgens Dicks het die insident omstreeks 03:50 plaasgevind. Hy is beroof en is in die proses gesteek. ’n Manspersoon is in hegtenis geneem.
Die Atlantis-polisie vra dat inwoners met inligting op enige van die insidente hulle kontak by 021 571 8500.