David de Bruyn, Johanes Kosie, Christo Jacobs, (vrywilliger), Victor Brown (vrywilliger), Abraham Syvers en past. André Abrahams (spankoördineerder) by die geskenkpakkies. Foto: Clement Trussell


Die internasionale organisasie, Samaritan Purse, is weer besig om kinderharte in Atlantis te steel.

“Die organisasie is reeds tien jaar besig om kinderhartjies bly te maak en Atlantis vind nog elke jaar baat by dit,” sê die koördineerder van die Swartland-streek, past. André Abrahams. Volgens hom is die organisasie se tema dié jaar: Operation Christmas Child Gift.

Altesaam 2 000 kinders by plaaslike kleuterskole het vanaf 28 Januarie geskenk­pakkies van die organisasie ontvang. Abrahams vertel 8 000 kinders van die streek gaan by die projek baatvind.

“Die geskenkpakkies wat klere, speel­goed, lekkernye en skryfbehoeftes bevat, sal beslis ’n verskil in ’n kind se lewe maak.” Hy het ook die hulp van ander kerkleiers ingeroep om seker te maak die pakkies bereik dié wat dit nodig het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025
    WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025