Paashaas deel sowat 1 500 paaseiers uit

Kinders in Atlantis het Paas-Maandag heerlik gesmul aan Paaseiers wat deur Weskus Nuus en bestuurslede van Radio Atlantis, Sha-Zah Foods en die MK1-motorgroep uitgedeel is.


Kinders in Atlantis het Paas-Maandag heerlik gesmul aan Paaseiers wat deur Weskus Nuus en bestuurslede van Radio Atlantis, Sha-Zah Foods en die MK1-motorgroep uitgedeel is.

Volgens Ricardo Skippers, voorsitter van die MK1-motorgroep en bestuurslid van Radio Atlantis, het sy groep die uitreik verlede jaar op hul eie gedoen. “Om meer kinders se harte te steel het ons besluit om vanjaar ’n vennootskap met ander organisasies aan te gaan,” verduidelik Skippers.

Hy sê Maandag is byna 1 500 Paaseiers en ander lekkergoed uitgedeel.

Elton Keesh, voorsitter van die radiostasie, meen die uitreik was ’n wonderlike ervaring. Keesh sê hulle het spesifiek gebiede gekies waar groot nood in die gemeenskap heers. “Die vennootskap gaan ’n jaarlikse instelling word en ons sal probeer om die aantal kinders wat ons bereik, in 2020 te verdubbel,” belowe Keesh.

Ouers wat in die uitreik nader gestaan het, het gesê hulle is beïndruk met die gebaar. Hulle het die organiseerders bedank vir hul “groot hartigheid”.

You need to be Logged In to leave a comment.