Park geplunder en nou gebruik vir dwelmhandel

Die R12 miljoen Smartpark in Saxonsea word nou as ’n onheilsnes beskou wat net dwelmverslaafdes en dwelmhande­laars bevoordeel.


Die R12 miljoen Smartpark in Saxonsea word nou as ’n onheilsnes beskou wat net dwelmverslaafdes en dwelmhande­laars bevoordeel.

Só meen inwoners van Atlantis. Inwo­ners wat rondom die park bly, sê hulle vrees vir hulle en hul kinders se veiligheid, want die park is nie eens omhein nie en is oop vir enige onwet­tige dinge. “Dit is ’n regte ‘vaalplaas’ en die droë gras waai die wêreld vol,” meen ’n inwoner wat anoniem wil bly.

“Hoe kan ’n mens in die park kuier,” wou een tannie weet. Die swaaie is reeds weggedra en die dinge ruk handuit in die middae as die skole uit kom,” vertel sy.

Nog ’n inwoner wat gal braak sê die handelaars verkoop helderoordag dwelms aan die jongmense en niemand stel belang in die park wat verlate hier staan nie.

“Met R12 miljoen kon Atlantis doen met ’n 24-uur-jeugsentrum met internet­geriewe of ’n dwelmrehabilitasie­sentrum, veral as ’n mens kyk na die groot dwelmprobleem in die dorp,” sê Michelle Fortuin, stigter van die Xtreme Youth-jeuggroep.

Met Weskus Nuus se besoek aan die park was dit redelik verlate met slegs ’n paar skoonmakers wat rondhang en nie met ons wou praat nie.

Volgens Suzette Little, burgemeesters­komiteelid vir area-noord word plekke nie net in Atlantis verniel nie, maar dwarsoor die Stad omdat mense nie waardeer wat vir hulle gedoen word nie. Little het belowe dat haar kantoor ’n ondersoek van stapel gaan stuur oor die park.

You need to be Logged In to leave a comment.